NewsSchools

Laerskool Koedoeskop en inwoners verwelkom nuwe personeellede

Die leerders en personeel van Laerskool Koedoeskop het op Woensdag 12 Januarie opgewonde by die skool aangemeld om die nuwe skooljaar te begin.

Die skool het vanjaar, eie aan tradisie, hul nuwe leerders en vier nuwe onderwysers met die lui van die Koedoeskop-klok verwelkom.

Annelise Fritz, een van die skool se bestaande personeellede, is bevorder tot departementshoof van tale. Fritz is reeds etlike jare aan Laerskool Koedoeskop verbonde.

Zarius Jansen van Rensburg, skoolhoof, het gesê hulle is baie bly dat die bevorderingspos uit eie geledere gevul is.

Hy het ook die nuwe personeellede hartlik by die Koedoeskop-familie verwelkom.

JD Smith neem die leisels oor as nuwe sosiale wetenskaponderwyser vir gr. 4-leerders.
Natasha Smith sluit vanjaar by Laerskool Koedoeskop aan as die nuwe natuurwetenskaponderwyser vir gr. 4-7-leerders.
Hilene Jacobs is die nuwe onderwyser by die gr. 1-klas.
Linezé Botha is aangestel as studente-onderwyser by die grondslagfase. Sy sal by gr. R behulpsaam wees.
Megan Stanford sal in 2022 as studente-onderwyser by die tale-afdeling ingespan word.

Related Articles

Back to top button