NewsSchools

Twee Warries spog met vyf A’s elk

Twee van Hoërskool Warmbad se matrieks van 2021 spog met vyf onderskeidings elk.

Thilize van der Heever is Hoërskool Warmbad se toppresteerder in matriek. Sy het vyf onderskeidings (Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, lewensoriëntering, lewenswetenskap en rekenaartoepassingstegnologie) behaal. Thilize het reeds ingeval as studenteonderwyser by die Hoërskool Wonderboom in Pretoria. Sy is ook ingeskryf vir ’n onderwyskwalifikasie by Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros).

Die skool se toppresteerders is Thilize van der Heever (vyf onderskeidings), Angelic Louw (vyf), Chantaya van Staden (twee), Dominique Nortjé (twee), Melissa Nel (een), Ané Coetzee (een) en Sadia Seedat (een).

Thilize het onderskeidings behaal in Afrikaans Huistaal, Engels Eerse Addisionele Taal, lewensoriëntering, lewenswetenskap en rekenaartoepassingstegnologie.

Angelic het A-simbole behaal in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, lewensoriëntering, lewenswetenskap en geskiedenis.

Die skool het ook erkenning gegee aan die volgende topvakpresteerders: Carlin Schabort, Larochell Maidment, Shanya Cortes, Mohammed Teladia, John Lehau, Amukelani Khabo, Darius Fourie en Paballo Manzini.

Karen Vorster, waarnemende skoolhoof, het aan Die Pos gesê daar is gemengde gevoelens oor die uitslae, maar die skool is vol hoop vir 2022 en is trots op die leerders wat goed presteer het ondanks ’n baie uitdagende skooljaar. Die skool se slaagsyfer is 90,4%.

Sy het gesê die skoolbestuur sal die komende akademiese jaar met ’n nuwe aanslag benader en dat leerders beter toegerus moet word om die uitwerking van die pandemie te bowe te kom.

Volgens die skool se amptelike syfers het 87 matrieks vir die nasionale eksamen ingeskryf waarvan slegs 83 die eksamen afgelê het.

Van die 83 kandidate wat geskryf het, het 75 geslaag. Altesame 44 van die Warrie-kandidate het met universiteitsvrystelling geslaag en 24 met diplomavrystelling.

Die matriekklas van 2021 het altesame 17 vakonderskeidings opgelewer. Die skool is baie trots op die 12 vakgebiede wat ’n 100% slaagsyfer behaal het.

Leerders het tyd tot op Vrydag 4 Februarie om aansoek te doen indien hulle vraestelle wil laat hermerk of punte wil nagaan.

Die leerders wat vakke wil herskryf het tyd tot op Vrydag 18 Februarie om in te skryf vir die spesiale hereksamen wat in Junie afgelê word. Vorms is by die skole en kringkantore beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button