NewsSchools

Hierdie leerders het rede om breed te glimlag ná matriekeksamenuitslae

Hoërskool Frikkie Meyer se matrieks van 2021 was oorstelp van vreugde toe hulle op Vrydag 21 Januarie hul matriekuitslae by die skool ontvang het.

Die onderwysers het oudergewoonte al vroeg reggestaan om hul gr. 12-leerders vir oulaas te verwelkom.

Die skool kon vanjaar breëbors aankondig dat hulle weer ’n 100%-slaagsyfer behaal het.

Die skool se uitslae is van die beste in die provinsie en van die individuele leerders het ook puik uitslae behaal.

Gizelle Roach het ses A’s verwerf in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, wiskundige geletterheid, lewenswetenskap, inligtingstegnologie en lewensoriëntering.
Sunel Esterhuizen het ses onderskeidings behaal. Haar vakke is Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, wiskundige geletterdheid, geskiedenis, gasvryheidstudies en lewensoriëntering.
Tiaan Pyper het vyf onderskeidings verwerf in Afrikaans Huistaal, ingenieursgrafika en -ontwerp, lewenswetenskap, siviele tegnologie en lewensoriëntering.

Mariska Coetzee was die leerder met die meeste A’s en het agt onderskeidings behaal. Die 123 matrikulante van 2021 het saam 150 onderskeidings verwerf.

Martie Boshoff, adjunkhoof van akademie by Hoërskool Frikkie Meyer, het aan Die Pos gesê hulle is baie trots op wat die leerders vermag het in so ’n uitdagende jaar.

Adri van Reenen het ook vyf onderskeidings verwerf in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, ingenieursgrafika en -ontwerp, visuele kuns en lewensoriëntering.
Ellen Swart het A’s in Afrikaans Huistaal, wiskundige geletterdheid, besigheidstudies, geskiedenis en lewensoriëntering.
Robyn le Roux het vyf onderskeidings ontvang in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, geskiedenis, lewenswetenskap en lewensoriëntering.

Related Articles

Back to top button