NewsSchools

Plaaslike skole gryp uitdagings

Die Pos het met die hoofde van drie skole in Mookgophong gesels oor hul planne en vooruitsigte vir die jaar wat voorlê.

Rinus de Jager, hoof van Hoërskool Hans Strijdom, is baie positief dat vanjaar een van die bestes by die Hansies sal wees.

Rinus de Jager, hoof van Hoërskool Hans Strijom, is trots op die groei van die skool.

“Ons sien regtig baie daarna uit om ’n ‘normale’ jaar te beleef en met die groot getal nuwe leerders in gr. 8 is ons seker dat ouers hul vertroue in ons skool en personeel stel,” het hy trots gesê.

Dit is vir hom belangrik dat ouers, leerders, onderwysers en die gemeenskap moet saamwerk om die sukses van ’n skool te bepaal en dat almal op hul knieë moet bly en bid vir ’n “normale jaar”.

Die gr. 8-leerders is ’n besonder groot groep wat by die skool ingeskryf het.

“Dit is vir my ’n voorreg om voor te loop met ’n span wat glo in die groter prentjie van Hansieland,” het hy gesê.

Anel Pretorius van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool het aan Die Pos gesê die Forbies is slaggereed vir 2022.

Marina Gravett, hoof van Laerskool Eugène N. Marais, sê die skool se tema vir vanjaar is “Veerkragtige vooruitgang”. Die skool is baie dankbaar dat alle aktiwiteite weer hervat kan word.

“Ek wil elke ouer, kind en personeellid uitdaag om 2022 ’n jaar van groei te maak, om hul talente af te stof en die doel van hul lewens te herontdek,” het sy met groot geesdrif gesê.

Sy glo vas daaraan dat elkeen vanjaar moet verander en hul denke hernu sodat die goeie en die mooi daaruit sal groei.

“Maak dit ’n prioriteit vir elke dag om tyd met God deur te bring. Doen alles wat jy doen asof jy dit vir die Here doen. Wees elke dag intens bewus van die teenwoordigheid van die Here. Hou jou ore oop sodat jy elke dag die stem van die Here sal hoor. Wees lief vir jou eie mense en respekteer ander mense,” is haar boodskap.

Marina Gravett, hoof van Laerskool Eugène N. Marais, het gesê die Boompies is baie dankbaar vir die jaar wat verby is en hulle sien met groot afwagting uit na die jaar wat voorlê.

“Dit lyk asof dit ’n ‘normale’ jaar sal wees met al die aktiwiteite en opwinding wat ’n skool kan bied.”

Die skool se tema vir die jaar is “Veerkragtige vooruitgang” en hulle wil graag op alle terreine bou op dit wat was en nog groter hoogtes bereik, het Gravett gesê. Sy glo dat 2022 ’n genadejaar is soos waarna in Jesaja 61 verwys word en dat die jaar propvol genade sal wees. Dit is vir haar belangrik dat elke leerder in 2022 hul potensiaal sal bereik.

“Elke kind verdien ’n geleentheid om op alle terreine te ontwikkel. Dit is ons strewe om in die liefde van Christus te leef,” het sy afgesluit.

Related Articles

Back to top button