NewsSchools

Graad een parrabeen!

Trane, blydskap en gemengde emosies het kinders en ouers laat bontstaan tydens die Graad-eens se eerste skooldag. At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! You can read the full story on our App. Download it here.

Trane, blydskap en gemengde emosies het kinders en ouers laat bontstaan tydens die Graad-eens se eerste skooldag.

Laerskool Nylstroom het vanjaar 78 nuwe blinkoog gr. 1-leerders verwelkom. Die leerders is in vier klasse ingedeel sodat die nodige Covid-19-maatreëls gehandhaaf kan word. Volgens Elize Nel, die skool se verteenwoordiger, het alles seepglad verloop by die ontvangs van die nuwelinge. Hier is leer-
ders in een van die klasse. Foto : Herman Steyn
Jana Jooste is een van die nuwe gr. 1-leerders by die Waterberg CVO-skool in Modimolle. Hier geniet sy tydens pouse die inhoud van haar kosblikkie saam met haar maats. Foto: Herman Steyn
Die Waterberg CVO-skool in Modimolle het op Woensdag 12 Januarie hul nuwe gr. 1-leerders by die skool ontvang. Elana Harris, wat al agt jaar vir die gr. 1’s skoolhou, het haar klas sommer gou tuis laat voel. Voor is Dakota Wilson, Wilsie Moller, Cecilia van den Berg, Lemé Bezuidenhout, Jano Nel en Liam Austin. Agter staan Johan van der Merwe, Jana Jooste, Christie Cornelius, Ruben Venter en Emmanuel Maré met Elana Harris heelagter. Foto: Herman Steyn

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button