NewsSchools

Hoërkool Frikkie Meyer wys nuwe leerlingraad aan

Die 2021-skooljaar was vir baie leerders en onderwysers ’n moeilike jaar.

Die Covid-19-pandemie het sy kloue diep in die gemeenskap en skole geslaan en baie leerders moes vriende en familie aan die dood afstaan.

Talle atlete se sportdrome kon nie bewaarheid word nie en met verskeie weke se noodgedwonge tuisstudie moes die leerders baie hard werk om op akademiese gebied by te bly.

Die leerders en onderwysers van Hoërskool Frikkie Meyer het egter weer bewys dat harde werk en deursettingsvermoë enige uitdagings kan verminder.

Die skool het onlangs hul nuwe leerlingraad aangewys uit ’n groep wat vanjaar puik in sport, kultuur, leierskap en akademie presteer het.

Talita de Swardt is as onderhoofmeisie vir 2022 verkies.
Ulrich Taylor sal as onderhoofseun van Hoërskool Frikkie Meyer in 2022 diens doen.
Zoey Joubert is die ander onderhoofmeisie van Hoërskool Frikkie Meyer.
HJ van Rensburg is as onderhoofseun vir 2022 verkies.

Related Articles

Back to top button