NewsSchools

Koedoeskop se leerders leer meer oor Waterberg-slange

Thabazimbi is een van Suid-Afrika se gewildste bestemmings vir natuur- en wildliefhebbers van regoor die land.

Nie net is die omgewing die tuiste van verskeie wildsoorte en die grootste bergaasvoël-kolonie in die wêreld nie, maar slange is ook geen vreemde gesig in die dorp nie.

Volgens die African Snakebite Institute (ASI) is daar ongeveer 87 verskillende slangspesies wat in Limpopo voorkom waarvan meer as die helfte se byt giftig en lewensgevaarlik kan wees.

Juis daarom het die span van Reptile Incorporated, ’n plaaslike reptielpark, onlangs ’n draai by Laerskool Koedoeskop gemaak om die leerders en onderwysers by dié skool meer vertroud te maak met die slange wat dikwels in die omgewing voorkom.

“Die doel van ons besoek was om kinders meer te leer van die verskillende slange wat in die omgewing voorkom en ook om hulle touwys te maak oor die korrekte optrede wanneer hulle ’n slang in die huis of op die speelgrond teëkom,” het Petrus van Breda van Reptile Inc. gesê.

Related Articles

Back to top button