NewsSchools

Hoërskool Frikkie Meyer wys koshuisleiers aan

Leerders en personeellede van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi is druk besig om voorbereidings vir die eksamen te tref, maar daar was darem tyd om aanstaande jaar se leiers te vereer.

Die skool is ook baie trots op hul koshuisleiers.

Die Covid-19-pandemie het ongekende uitdagings vir skole en skoolkoshuise gebring en juis daarom is koshuisleiers se rol van onskatbare waarde.

Die Frikkies se personeel en leiers het behoorlik bontgestaan om die nuwe veiligheidsmaatreëls reg te kry en toe te sien dat die inwoners van die Koedoe- en Impala-koshuise dit volg en veilig bly.

In egte Frikkies-styl het die 2021-leiergroep hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Die skool is vol verwagting dat die nuwe koshuisleiers, wat onlangs aangekonding is, in dié voetspore sal volg.

Related Articles

Back to top button