NewsSchools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Laerskool Vaalwater het die nuwe leiers vir 2022 aangekondig. Voor sit Dermione Bodenstein (hoofmeisie) en AJ Oelofse (hoofseun). In die middel is Happiness Moruwe, Refilwe Lerumo, Koketso Segola en Lethabo Monyeki. Agter staan Lou-Marie Croucamp, Faith Bodiba, Kgaugelo Mosima en Lesego Ndlovu. Janneka du Plessis was afwesig met die neem van die foto.
Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong het hul leiers vir 2022 aangewys. Voor is die meisies wat aanstaande jaar die voor tou neem: Meandie Wells, Amina Motoa, Abigail Snyman, Megan Cary-Smith, Michelle Gouws, Kara Botes, Chantelle Gouws en Karli van Wyk. Agter staan Rossouw Jordaan, Regardt Snyman, Frans Smith, Jayden van Wyk, JJ Chauke, Roelof Buys, Divan Marais, Kruger Jordaan.
Die Euphorbiaskool in Mookgophong het hul nuwe leiers vir 2022 aangekondig. Voor is Nicole Louw, Rejeanne Bodemer en Chané Loots. Agter hulle is Juan Tolmay, Luwellen van Dyk en Robert Abrahamse wat in die nuwe jaar vir die Forbies sal voorloop.
Melienke Vermaak, gr.6-leerder van die Moria-tuisonderrigskool in Bela-Bela, sluit haar akademiese jaar op ’n hoë noot as ’n toppresteerder af. Sy het ná ’n uitdagende jaar weggestap met die toekennings as die skool se kultuurmeisie- en sportmeisie van die jaar. Sy is ook aangewys as die algehele wenner van ATKV DigiTaal-taalkennistoets in haar ouderdomsgroep en het vanjaar ’n toekenning van die Federasie van Afrikaanse kultuurverenigings (FAK) ontvang. Melienke is ook ’n kranige atleet en musiekstudent.
Hoërskool Nylstroom spog met twee van hul onderwysers wat tot die Limpopo-skolehokkiebestuur verkies is. Hulle is Christine Le Roux en Jurie Human. Le Roux is tot ondervoorsitter gekies terwyl Human na die reëls en tegniese aspekte van die spel sal omsien.
Leerders van Modicademy in Modimolle word aangespoor om hul volle potensiaal te ontwikkel. Voor op die foto staan Ngae Mapholi, Lufuno Mphlahlele en Natalie Sibiya wat saam die trofee vashou. Omphile Mashishi staan in die middel met Albert Viljoen (stigter van skool), Lourin Viljoen (skoolhoof), Tshepo Montja en Keletso Mnisi in die agterste ry.
Leerders van Modimolle Christian Academy het ’n “buddy”-sisteem waar ouer leerders saam met jongeres in klasverband werk en hulp verleen waar nodig. Dit kweek ’n gesindheid van behulpsaamheid, ondersteuning en samehorigheid tussen leerders. Dié toekenning gee erkenning aan leerders wat vanjaar uit hul pad gegaan het om behulpsaam en vriendelik te wees teenoor medeleerders. Voor is Sibahle Sekete, Naledi Kgomo, Dané Pretorius en Thomas Mohlaoloa. Agter hulle staan Albert Viljoen (skool stigter), Nardos Arego, Lourin Viljoen (skoolhoof), Tumisho Mohlala, Kgwerano Matabane en Kgosi Malebe.
Leerders van Modicademy in Modimolle, het vanjaar aan die landwye Suid-Afrikaanse “Literacy Association” (SALA)-kompetisie deelgeneem. Hierdie leer-
ders het baie goed gevaar met hul toesprake in Engels Eerste Taal. Heel voor staan Dané Pretorius en Christi Camara. Oratilwe Mashala, Tadiwa Marakalla, George Manamela (met trofee),  Giancarlo van Niekerk en Tumisho Mohlala staan in die middel met Albert Viljoen (stigter van skool) en Lourin Viljoen (skoolhoof) heel agter.
Modicademy in Modimolle gee jaarliks erkenning aan leerders wat met oorgawe boeke lees wat meer gevorderd is as hulle graadvlak. In die voorste ry staan Bokang Mokoka en Oagile Letoaba langs Keitu Malebe (op haar hurke) en Pieter du Toit (op sy hurke). Agter staan Albert Viljoen (stigter van skool), Lourin Viljoen (skoolhoof), Wynand van Niekerk (met trofee), Marica du Toit en Kuhle Siweya.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button