NewsSchools

Nylies bied spogtee aan

Hoërskool Nylstroom se gr. 11-leerders wat die vak gasvryheidstudies neem, het op Donderdag 4 November ’n heerlike spogtee onder die koeltebome in die skool se binnehof aangebied.

Die gaste is bederf met fyn eetgoed en kon kies tussen ’n verskeidenheid soorte tee en verfrissende koel drankies.

Die leerders is ná ’n lang dag op hul voete in die kombuis beloon met gaste wat gesmul het aan die lekkernye. Almal was dit eens dat hierdie leerders volpunte verdien.

Bernadette Fourie, ’n gr. 11-leerder, maak vir oulaas seker dat die teetafel perfek is voordat die gaste aansit vir ’n spoggerige teepartytjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button