NewsSchools

Koedoeskop se voorlopers vereer

Die leerders van Laerskool Koedoeskop is op Donderdag 4 November vereer vir hul akademiese prestasies van die afgelope jaar.

Die skool se jaarlikse akademiese prysuitdeling het net weer getoon dat Koedoeskop hul stempel afdruk met ervare onderwysers, lojale ouers en uiters toegewyde leerders.

Leerders wat akademiese toekennings ontvang het, moes deur die jaar ’n gemiddeld van 85% of hoër handhaaf.

Dit was geen maklike taak in dié jaar met sy vele uitdagings nie. Die 2022-leiers is ook tydens die geleentheid aangekondig.

Die 2022-leiers van Laerskool Koedoeskop neem eersdaags die leisels oor by vanjaar se leiers. Op die foto is die hoofleiers van 2021 saam net die nuut verkose leiergroep. Voor is Elan van der Westhuizen. In die middel staan PJ Cohen, Peace Gama, Dané Wagenaar, Ethan Nel, Marli Fourie, Sonja du Plessis, Marné Furstenburg en Wian de Beer. In die agterste ry is Mariané Viljoen (hoofmeisie 2021), Marioné de Beer (hoofmeisie 2022), Waldo Malan, Christiaan Jordaan (hoofseun 2021) en Frans Kalp (hoofseun 2022).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button