NewsSchools

Laerskool Nylstroom se vlytige vingers

Die kunste het op Vrydag, 22 Oktober behoorlik koning gekraai by Laerskool Nylstroom tydens die kuns- en kultuurwerkwinkel vir gr. 1-7 leerders.

Verskeie vaardighede en kunstegnieke is die middag aangebied en gedemonstreer. Dit sluit in toneel, sang, kuns en woordkuns.

Vir lekker opwinding en om die kreatiwiteit aan te vuur het almal met unieke, selfgemaakte hoede opgedaag.

Marizane Basson, onderwyser van Laerskool Nylstroom, demonstreer verskillende kunstegnieke soos om met die voete te verf. Leerders was die ene konsentrasie tydens hierdie oefening.

Related Articles

Back to top button