NewsSchools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Charisse O’Callaghan het tydens Hoërskool Hans Strijdom se prysuitdeling die trofee vir die hoogste gemiddelde persentasie in gr. 12 gewen. Op die foto oorhandig Rinus de Jager (skoolhoof) die trofee aan haar.
Cara Louw van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong weet presies wat om met ’n krieketbal en -kolf te doen. Sy is vanjaar vir die Limpopo-meisieskrieketspan gekies.
Die Orde van die Leeu is ’n toekenning wat jaarliks deur Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong gemaak word aan ’n leerder wat buitengewone diens aan die skool gelewer het. Heima Pretorius het vanjaar hierdie besondere toekenning ontvang. Op die foto oorhandig Rinus de Jager (skoolhoof) die trofee aan haar.
Die Euphorbiaskool in Mookgophong het hul nuwe snoepieleiers vir 2022 aangewys. Op die foto is Renier Pieterse, Mia Botha, Lize Janse van Vuuren en Riek Buitendag.
Lede van die AfriForum-tak in Bela-Bela het op Woensdag 20 Oktober peperbasbome by Hoërskool Warmbad en Academia Private School in die dorp geplant. Die peperbasboom is skaars en kom hoofsaaklik in die Krugerwildtuin voor. Die boom groei ook in ander Afrika-lande soos Zambië en Malawië. Die boom word tussen 5-10 m hoog en die boombas het ’n peperagtige smaak wat in sekere tradisionele praktyke gebruik word vir die behandeling van verkoue- en sinussimptome. Op die foto is AfriForum-lede saam met leerders van Hoërskool Warmbad tydens die boomplantseremonie.

Related Articles

Back to top button