NewsSchools

Koedoeskop se jongmense het groot drome vir die toekoms

Oudpres. Nelson Mandela het gesê: “Kinders is die fondasie waarop ’n nasie se toekoms gebou word.”

Soos Mandela, glo die personeellede by Laerskool Koedoeskop ook in ons land se jeug en daarom poog hulle om elke leerder tot hul volle potensiaal te ontwikkel.

Die skool se gr. 7-leerders het in Oktober vanjaar die geleentheid gekry om ’n bietjie oor die toekoms te besin tydens die skool se loopbaandag.

Sommige leerders het dié dag by die skool opgedaag in hul sportdrag, sommiges het soos polisielede aangetrek en daar was selfs ’n paar dokters, wetenskaplikes, natuurbewaarders en toekomstige boere in die groep.

As Mandela se woorde waar is, blyk dit dat die toekoms van Suid-Afrika op ’n baie sterk fondasie gebou word, sê dié skool oor hul leerders.

Related Articles

Back to top button