Home/News/Boekevat en kekkelbekke NewsSchools Boekevat en kekkelbekke Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers. October 18, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Laerskool Nylstroom se hoofleiers het op Donderdag 30 September die landsvlag, asook die munisipale vlag, gehys tydens die inhuldiging van die plaaslike munisipaliteit in Modimolle se nuwe naamborde. Die vlae sal voortaan elke dag by die plaaslike munisipale kantore wapper. Die tuine van die munisi- paliteit is die afgelope paar maande deur Aksie Opknap se tuinbou pan opgeknap. Op die foto staan Anda Botha (onderwyser en leiervoog), Anele Jansen van Vuuren (onderhoofmeisie), Anri Briel (hoofmeisie), Erlu Fourie (hoofseun), Johan Bosch (onderhoofseun) en Roelf Vorster (skoolhoof). Laerskool Eugène N. Marais het hulle jaarlikse Engelse redenaarskompetisie gehou en die volgende leerders het uitgeblink. Op die foto is Nicky Malan (tweede), Roelof Buys (derde), Duardt van Wyk (eerste junior) en Marnus Law (eerste senior). Hoërskool Nylstroom se topleerders in elke graad vir die derde kwartaal is op Maandag 11 Oktober aangewys. Voor is Lindie Loots (gr. 10), Janique Erasmus (gr. 12) en Kgomotso Selema (gr. 11). Agter staan Altus du Plessis (gr. 9), Zanelle Janse van Rensburg (gr. 8) en ’n trotse skoolhoof, Anton du Plessis. October 18, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print