NewsSchools

Frikkie Meyer se meisies gee om!

Anmari Moller, onderwyser van Hoërskool Frikkie Meyer, het vroeër vanjaar haar hare laat afsny en aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) geskenk.

Dié gebaar was veel meer as ’n blote skenking vir ’n kankerlyer, want met dié skenking het Moller die meisies en personeel van Hoërskool Frikkie Meyer geïnspireer om hul harte (en hul hare) te gee vir dié wat dit die nodigste het.

Chrisna Els, onderwyser by die Frikkies, het verlede week saam met 24 meisies van dié skool aan die Ons-gee-om-projek deelgeneem waar leerders en personeel die geleentheid gehad het om, soos Moller, hul hare aan Kansa te skenk.

“Nadat Anmari Moller haar hare geskenk het, het ons net weer besef dat almal ’n verskil kan maak in ander mense se lewens en daarom het ons besluit om die projek aan te pak,” het Els verduidelik.

“Ons het nie noodwendig almal geld om te skenk aan liefdadigheid nie, maar ons kan steeds op een of ander manier verligting bring.”

Juan-Mari du Plessis, ’n leerder van Hoërskool Frikkie Meyer, hou trots haar vlegsel vas wat sy laat afsny het vir Kansa.

Els het verder verduidelik hoewel dit vir die meisies ’n emosionele ervaring was om hul hare korter te sny, het hulle besef hoe groot verkil dié skenking kan maak in iemand se lewe wat nie hare het nie.

“Hare is vir meisies baie belangrik en dit het gevoel asof hul skoonheid geskaad word. Tog het ons leerders besef dit is ’n klein prys om te betaal sodat ’n kankerpasiënt weer hul eie selfvertroue kan terugkry.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button