NewsSchools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Dié leerders van Laerskool Nylstroom het geskitter tydens ‘n kompetisie vir grondslagfase-leerders (gr. 2 en 3) wat deur die Limpopo departement van onderwys aangebied is. Altesame 16 skole van die Waterberg-distrik het deelgeneem. Die kompetisie is in drie afdelings beslis: wiskunde, hardop lees in Afrikaans of Engels en kreatiewe skryf in Afrikaans of Engels. Voor is Isabella Swart (tweede plek in wiskunde), Arné Oosthuizen (eerste plek in Afrikaans lees) en Verné Julyan (eerste plek in Afrikaans skryf). Agter staan Carla Erasmus (gesamentlik eerste in Afrikaans skryf), Lize van der Walt (tweede plek in Afrikaans lees) en Luke Snyman (eerste plek in wiskunde).
Melienke Vermaak, ’n gr.5-tuisonderrigleerder van Bela-Bela, het op Maandag 24 Mei aan die ATKV se DigiTaal-kompetisie (Afrikaans-huistaal) deelgeneem. Sy is einde Augustus as die algehele kategorie-wenner aangewys en het die afgelope week haar sertifikaat ontvang. Melienke het gesê om deel te neem aan die ATKV-projekte is “vet pret” en daar is verskeie kompetisies waaraan tuisonderrigleerders kan deelneem.
Foto bo en onder: Inwoners van die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle het op Donderdagmiddag 23 September ‘n prettige kultuurfees gehou ter viering van Erfenisdag (24 September). Elkeen van die 15 huise het een van die kultuurgroepe in Suid-Afrika uitgebeeld. Daar was Boere, Britte, Indiërs, Tsongas, Tswanas, Xhosas en Zoeloes. Die spyskaart het eg Suid-Afrikaanse disse ingesluit soos mieliepap en boerewors, kolwyntjies, melktert en selfs mopaniewurms vir die avontuurlustiges. Die kinders het mekaar vermaak met hul danspassies, musiek en sang. Die prys vir die beste kultuurvoorstelling het gegaan aan Huis Boekenhout se voorstelling van die Zoeloe-kultuur. Die babahuis se voorstelling van die Tsonga-kultuur was die naaswenners. Dit was voorwaar ‘n viering van ons pragtige land se reënboognasie.

Related Articles

Back to top button