NewsSchools

Studies moontlik danksy weldoeners uit gemeenskap

In dié tye waar talle Suid-Afrikaners gebuk gaan onder erge ekonomiese- en emosionele druk, is “goeie nuus” soos ’n oase in die woestyn.

Solly Rakwena Maropola (26) kan hiervan getuig. As dit nie vir die bemiddeling van privaat maatskappye was nie, sou hy nooit die geleentheid gekry het om verder te studeer nie.

Een van die departement van minerale hulpbronne se vereistes aan sekere privaat maatskappye in die boubedryf is dat hulle beurse aan voorheen benadeelde studente beskikbaar stel.

Maropola is een van die gelukkiges wat danksy dié beleid verder kan studeer. Hy is tans besig met ’n drie jaar nasionale diplomakursus aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) in veiligheidsbestuur.

Die Modimolle-sakeonderneming Nylstene het destyds belangstellendes genooi om aansoek te doen vir dié beurs en groot reaksie gekry.

Volgens Lezanné Grové, menslike hulpbronbestuurder van Nylstene, het Maropola kop en skouers bo die ander kandidate uitgestaan danksy sy uitstekende matriekuitslae.

Hy is oorspronklik van die Lephalale-omgewing waar hy gr.12 aan die Majadibodu High School, duskant die Botswana-grens, voltooi het.

Sy mikpunt is om die kursus met lof te slaag. Maropola volg die kursus aanlyn en het daarom besluit om deeltyds te begin werk om sodoende sy kontraktuele verpligtinge na te kom wat bepaal dat hy na afloop van sy studies by die onderneming werksaam moet wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button