NewsSchools

Frikkie Meyer bring hulde aan Moksie

Die onlangse dood van Elize (Moksie) Pelser laat ’n baie groot leemte by Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi.

Pelser is oorlede ná ’n lang stryd teen borskanker.

As ouer en gemeenskapslid was sy een van hul lojaalste ondersteuners. Sy was onder meer betrokke by sportafrigting, koshuisdiens, insamelingsprojekte, bemarking en het dikwels as motiveringspreker opgetree vir die skool se leerder, het Colin Campbell, hoof, gesê.

Pelser se betrokkenheid by die Frikkies se eerste rugbyspan het volgens hom bygedra tot die span se suksesse die afgelope paar seisoene.

“Hoërskool Frikkie Meyer eer haar nagedagtenis en sal haar teenwoordigheid en spontane vriendelikheid by die skool en al sy aktiwiteite mis. Ons bid vir vertroosting vir haar seun, Tjaart, haar man, Sol, die res van die familie en vriende.”

“Die skool sal haar onthou as ’n baie spesiale en dinamiese vrou.

Related Articles

Back to top button