Home/News/Boekevat en kekkelbekke NewsSchools Boekevat en kekkelbekke Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers. August 9, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die Ysterberg Voortrekkerkommando in Thabazimbi be- plan ’n hele paar projekte vir die nuwe kwartaal. Die Voortrekker-jeugbeweging vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar en baie van die projekte is om dié tema gebou. Op die foto is Ettiëne Pieterse en agter hom sit Helena Pieterse, Karin Naudé (offisier) en Danie Naudé (veldkornet van die Ysterberg-kommando). Heel agter sit Nelia Pieterse, Eksteen Pieterse en Ananda Pieterse. Belangstellendes kan vir Danie Naudé bel by tel. 082 738 6737. Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se Klein Treetjies-dagsorgsentrum in Modimolle het op Vrydag 30 Julie sop en broodrolletjies aan gesondheidswerkers uitgedeel wat onverpoosd werk aan die nasionale inentingsprogram. Hier staan Amanda Schlemmer en Elmarie van Wyk (skoolhoof) saam met twee gesondheidswerkers wat by die tydelike kliniek in die ModiMall Covid-19-inentings aan die publiek toegedien het. At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! You can read the full story on our App. Download it here. August 9, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print