NewsSchools

Hoërskool Frikkie Meyer vol moed vir nuwe kwartaal

Leerders en onderwysers van regoor die land het op Maandag 26 Julie teruggekeer skool toe om die derde kwartaal af te skop.

In Thabazimbi het die leerders en personeel van Hoërskool Frikkie Meyer in ware Frikkie-styl die koue getrotseer en die skoolgrond met warm harte betree.

Elke leerder is persoonlik welkom geheet deur die hoofleiers en personeellede met ’n heerlike lekkerny en ’n boodskap van hoop om die nuwe kwartaal in te gaan.

Carla Coetzee (onderhoofmeisie), Mariska Coetzee (hoofmeisie), Sariette Pretorius en Gizelle Roach verwelkom saam met Cobus Snyman (onderwyser) vir Mia Gerber (voor) terug by die skool.

Drie plaaslike predikante het ook besoek by die skool afgelê en op hul beurt die leerders geïnspireer om, ten spyte van die uitdagings wat aan hulle gestel word, die kwartaal vol ywer af te skop.

Leané van der Byl (gr. 9) en Adilé Meintjies (onderwyser) is slaggereed om die nuwe kwartaal aan te durf.

“Ons moet altyd kan vashou aan hoop,” het ds. Roelf Smit aan die leerders gesê.

Ellen Swart, Tanya Riekert en Rego Mothlabane (gr. 9), almal leerders van Hoërskool Frikkie Meyer, trotseer die winterkoue op Maandag 26 Julie by die aanvang van die nuwe skoolkwartaal.

“Ons moet sorg dat ons mekaar altyd respekteer en met liefde en omgee hanteer en sodoende meer hoop skep.”

Related Articles

Back to top button