NewsSchools

Frikkie Meyer-sangeres maak naam op ’n internasionale verhoog

Dit is geen geheim dat Thabazimbi ’n dorp is wat oorloop van talent nie.

Dink byvoorbeeld aan Vollie Volschenk wat onlangs met sy digkuns die dorp verteenwoordig het in vanjaar se GHA-digkompetisie of Sidney Tobias wat sy termyn as kaptein van die Northam Rhino’s afgeluit het deur aan te sluit by die Blou Bul Curriebeker-span.

Dan het ons ook talle jong sportsterre wat vanjaar naam gemaak het op nasionale vlak soos Krista Molebatsi en Mika Frohlich (albei van Laerskool Thabazimbi) wat in die Limpopo-netbalspan opgeneem is.

Lieselotte Smit het ook in Mei haar naam by dié lang lys gevoeg toe sy ’n eerste plek behaal het in vanjaar se Internasionale Ierland/Poland Star Bridge-kompetisie. By dié kunstefees spook kunstenaars, sangers en akteurs van regoor die wêreld sake op die verhoog uit.

Sy het dit reggekry om ’n eerste plek te verwerf in die Poplied 16-19 jaar oue-kategorie.

Die Star Bridge-kompetisie is gemik daarop om kreatiewe idees en gehalte in jong kunstenaars te bevorder en daarvan het Lieselotte emmersvol.

Dit is geen wonder dat sy dit reggekry het om tussen sangers van 25 verskillende lande met die louere weg te stap nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button