NewsSchools

Netbalspelers rol hul moue op

Die netbalmeisies van Laerskool Thabazimbi is die afgelope kwartaal druk besig met voorbereidings vir die komende netbalseisoen.

Dié skool is jare reeds in Limpopo bekend vir hul puik netbalspanne en het al verskeie provinsiale spelers opgelewer.

Toegewyde spelers was baie hartseer omdat die Covid-19-pandemie hulle verlede jaar gekelder het, maar vanjaar is hulle weer gemotiveerd om die wentradisie by die skool voort te sit.

 

Esmarie Pienaar en Ané Coetzee van Laerskool Thabazimbi werk fluks om tafels af te dek by die Spur-restaurant in Thabazimbi waar hulle as kelners gewerk het.

 

Spanlede het op Dinsdag 13 April moue opgerol om geld in te samel vir die komende seisoen. Met die Charity Tuesday-inisiatief het die skool se leerders hande gevat met die plaaslike Spur-restaurant en ná ’n lang skooldag as kelnerinne by die restaurant aangemeld.

Spelers het gesê hulle was bereid om hard te werk, maar het nie besef hoe moeilik dit vir kelners is om deurgaans vriendelik te bly en kop hou met die verskillende bestellings nie.

Die aand was ’n groot sukses en besoekers aan die restaurant kon nie uitgepraat raak oor die professionele en flink diens wat die jong meisies verskaf het nie.

Die netbalspan het ook die gaste vermaak en veral die jongspan besig gehou met speletjies en aktiwiteite.

Related Articles

Back to top button