Vanjaar se redenaarskompetisies word landwyd virtueel opgeneem weens die huidige Covid-19-regulasies.
Die onafhanklike paneel beoordelaars ontvang die inskrywings en gaan al die skole se aanbiedings deur. Die ATKV-Thabazimbi tak, onder leiding van Rita Volschenk, het vanjaar geld beskikbaar gestel om die beoordelaars se koste te dek.
Die senior leerders van Hoërskool Frikkie Meyer wat deurgedring het na die volgende ronde is Ruben Viljoen (wenner), met Ané Viljoen kort op sy hakke. Izandri Joubert was derde en Lieselotte Smit vierde. In die junior afdeling het Nickie Lindveldt skoonskip gemaak.
Alex Prinsloo was tweede, gevolg deur Micaela Vosloo en Leanka Prinsloo. Francis Coetzee en Loraine Vorster, personeellede van Frikkie Meyer, het die leerders bygestaan.