NewsSchools

Nuwe beheerliggaam wil graag leerders se potensiaal ontgin

Die beheerliggaam van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong, wat op Dinsdag 9 Maart verkies is, het groot planne vir die skool gedurende hul verkose termyn van 2021 tot 2024.

Marina Gravett, hoof, het gesê daar sal weer binnekort ’n musieksentrum, wat een van haar passies is, by die skool wees.

“Ons streef na die uitbou en verwesenliking van elke leerder se volle potensiaal. Ons kinders is en sal die fokuspunt van ons termyn bly,” het Rian van Wyk, verkose voorsitter, aan Die Pos gesê.

Gravett en Van Wyk was dit eens dat die leerders op sport-, kultuur- en akademiese vlakke moet kan presteer.

Van Wyk het gesê een van die grootste uitdagings is om die skool se begroting te laat klop.

“Ons leerders is elkeen uniek, ongeag wie hulle is en wat hul agtergrond is. By hierdie skool is elkeen iemand en ons wil vir elkeen ’n veilige hawe bied,” het Gravett gesê.

Van Wyk is baie positief oor die span wat saam met hom sal werk en het hulle bestempel as ’n dinamiese, positiewe, groep ouers met Christelike waardes wat net die beste vir elke kind wil hê.

Related Articles

Back to top button