NewsSchools

Hoërskool Frikkie Meyer onder die topvyftig met 2020-matriekuitslae

Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi se onderwysers, ouers en leerders het rede om breëbors te glimlag ná die aankondiging vroeër vanjaar van 2020 se matriekuitslae.

Hoewel dit ’n moeilike jaar vir leerders en onderwysers regoor die land was, het die Frikkies weer bewys dat ’n mens enigiets met harde werk en deursettingsvermoë kan vermag.

Die skool se 2020-matrikulante het ’n 100% slaagsyfer behaal en gespog met puik individuele uitslae.

Dié spoguitslae het ook gesorg dat Hoërskool Frikkie Meyer vanjaar weer aangewys is as een van die topvyftigskole in Limpopo.

Die toekenningseremonie het onlangs by Ysterberg Primary School plaasgevind waar die Frikkies ’n spesiale toekenning vir hul uitsonderlike prestasie van MP Molapisi, streekshoof van die Limpopo-onderwysdepartement, ontvang het.

Hy het Colin Campbell (skoohoof), sy personeel en leerders geprys vir hul prestasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button