NewsSchools

Frikkies verwelkom hul nuwe gr. 8-leerders op gepaste manier

Leerders wat vir die eerste keer hoërskool toe gaan, weet dat hulle hul staal by Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi moet wys en gou deel moet word van dié tradisievaste skoolgemeenskap voordat hulle as “ware Frikkies” beskou word.

Die “Ertse” — soos hulle tydens die eerste paar weke van die nuwe skooljaar bekend gestaan het — het ’n oriëntasieprogram deurloop waartydens al die waardes en tradisies van die Frikkies aan hulle gedemonstreer is.

 

 

Leerders se program het bestaan uit formele skoolwerk, maar hulle is ook op ’n prettige manier aan hul nuwe skoolomgewing bekend gestel.

Die “Ertse” het ná weke se speel en leer hul amptelike plek as volwaardige gr. 8-leerders van Hoërskool Frikkie Meyer ingeneem.

Volgens die skool toon dié groep baie potensiaal in die verskillende sport- en kultuuraktiwiteite en is hulle werklik ’n groep om dop te hou.

Related Articles

Back to top button