NewsSchools

Tonge klap tydens ATKV-uitdunne

Leerders van Hoërskool Nylstroom het op Donderdag 11 Maart aan die uitdunne vir die ATKV-redenaars by die skool deelgeneem.

In die junior-afdeling vir Afrikaans Huistaal het Altus du Plessis die eerste plek behaal nadat hy gepraat het oor “Instinktief: Vertrou jou instinkte en neem die regte besluite vir ’n blink toekoms.”

Pieter van Heerden was in die tweede plek en Tharina Janse van Vuuren was derde.

In die senior-afdeling vir Afrikaans Huistaal was Janique Erasmus eerste nadat sy gepraat het oor “Erodeer: Jongmense vreet uitgediende gebruike weg”.

Anika Holtzhausen was tweede en Nadine Kloppers derde. In die senior-afdeling vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal was Lesedi Ngodi die wenner. Sy het gepraat oor “Erodeer: Die mens kalwe sy wêreld stelselmatig weg”.

Leerders met Afrikaans as huistaal het geleentheid gehad om vir vyf tot ses minute oor hul onderwerp te gesels en die leerders wat Afrikaans as addisionele taal neem, het vir drie tot vyf minute oor hul onderwerp geredeneer. In vorige jare het deelnemers voorbereide en onvoorbereide toesprake gelewer.

Dit het verander en leerders het nou slegs voorbereide toesprake. Verdere deelname sal aanlyn geskied.

Die beoordeling is behartig deur Thinus Pretorius, ’n gesoute redenaarsbeoordelaar en onderwyser by Susan Strijdomskool, Annarien Jacobs van Jinnah Park Primary School in Bela-Bela en Jenny Botha, ’n onderwyser by Hoërskool Nylstroom.

Die voorsitters was Omphile Sabushimike en Letago Kekana, die Nylies se leerderverteenwoordigers vir kultuur.

Related Articles

Back to top button