NewsSchools

Pandemie kry nie die Frikkies onder nie

Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi het verlede week oudergewoonte die jaar met hul spoggeleentheid afgeskop waartydens die vorige jaar se leerders vir hul harde werk vereer is.

Die skool was vanjaar weens die Covid-19-regulasies verplig om ’n trotse tradisie te verbreek deurdat die ouers vir die eerste keer in 60 jaar nie na die lourierfunksie genooi is nie.

Hoewel dit vir baie ’n teleurstelling was, is dit volgens die skool net nog ’n bewys dat die personeel en leerders alle struikelblokke te bowe sal kom en aanpasbaar is. Colin Campbell, skoolhoof, het trots aangekondig dat die 2020-matrieks ’n 100% slaagsyfer behaal het.

Die klas van 2020 het bewys dat die skool se toekoms blink lyk.

“Ons is almal baie trots op ons Covid-19-groep. Dié leerders het selfs in hierdie uitdagende tye nooit gaan lê nie. Dit bewys net weer dat ’n mens die vrugte pluk as jy die regte ding doen.”

Related Articles

Back to top button