NewsSchools

Hoërskool Frikkie Meyer vereer sy ondersteuningspersoneel

Wanneer ’n mens by Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi se hekke inry, word jy begroet deur ’n skoon terrein, lowergroen sportvelde en netjiese geboue waarop inwoners baie trots kan wees.

Frikkie Meyer word gereken as een van die indrukwekkendste skole in Limpopo.

Die skool se ondersteuningspersoneel (algemene assistente) het ’n leeue-aandeel hierin, want hulle sorg dat die skool se uiterlike beeld by sy akademiese- en ander prestasies pas.

Colin Campbell, skoolhoof, het die skool se ondersteuningspersoneel tydens ’n spesiale geleentheid wat vir hulle gereël is, bedank vir hul volgehoue harde werk met die instandhouding van die skoolterrein.

“Ons is ongelooflik trots op hoe ons skool lyk en ons kry daagliks baie komplimente. Dit sou nie moontlik gewees het sonder die hulp en harde werk van al ons algemene assistente nie. Die lof kom hulle toe,” het Campbell verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button