NewsSchools

Frikkie Meyer se jong Picasso’s spog met hul mooi kunswerke

Wanneer ’n mens in Christi Brits, kunsonderwyser by Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi se klas instap, word jy begroet met kleurvolle kunswerke wat stories vertel en jou wegvoer na vreemde wêrelde.

Leerders van Hoërskool Frikkie Meyer het die afgelope week hande met hul onderwysers en die ATKV gevat om nuwe verftegnieke te leer, hul vaardighede te ontwikkel en te leer hoe om die alledaagse lewe met kreatiwiteit uit te beeld.

Zaskia Joubert en Michelle Kruger, albei leerders van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi, het die geleentheid gehad om nuwe verftegnieke tydens ’n werkwinkel, wat deur die skool en die ATKV gereël is, te leer.

Rita Volschenk, verteenwoordiger van die ATKV, het haar opgewondenheid uitgespreek oor die projek en die potensiaal wat dit die leerders en ander jong kuns- tenaars van Thabazimbi bied.

“Dit is ’n besondere voorreg om saam met gesiene kunstenaars en leerders te werk om kuns te skep en talente te ontwikkel,” het Volschenk gesê.

 

Zettie Pelser, befaamde kunstenaar van Thabazimbi, saam met Rita Volschenk van die KunsteGrot en ATKV-verteenwoordiger, en Christie Brits, kunsonderwyser van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi

Die skool se gr. 10-leerders het saam met Zettie Pelser, een van Thabazimbi se mees gerespekteerde kunstenaars, bewys dat die kuns van menswees en van lewe in almal lê.

Die ATKV is al jare lank betrokke by die ontwikkeling van leerders regoor die land. Vir meer inligting oor die ATKV en hul projekte, bel vir Linda Grobler by tel. 073 467 2185.

Related Articles

Back to top button