NewsSchools

Klein Nylies is reg vir die jaar se uitdagings

Laerskool Nylstroom pak die nuwe skooljaar op ’n drafstap aan.

Die skool het pas verneem dat Roelf Vorster, hul adjunkhoof, as hoof aangestel is (sien berig langsaan) en verder is daar ook ’n paar ander nuwelinge by die skool.

Vorster het aan Die Pos gesê hy is opgewonde oor die jaar wat voorlê en is oortuig daarvan dat die skool se bekwame personeellede enige struikelblok kan hanteer.

“Daar is reeds tydens die vakansie met voorbereiding vir 2021 begin en ons staan reg om elke Nylie op Maandag 15 Februarie met ope arms te ontvang,” het hy aan Die Pos gesê.

“Die skool het ook ’n nuwe beheerliggaamvoorsitter, naamlik ds. Marina van der Merwe. Sy is verkies nadat die vorige voorsitter, Franna van Zyl, se dienstydperk verstryk het. Hy het waardevolle insette in die bestuur van ons skool gelewer,” het Vorster gesê.

Die skool verwelkom ook vir Razelle Janse van Rensburg wat aangestel is as studenteonderwyser in die grondslagfase.

Die skool se personeellede het hul eerste week met verskeie verjaardae begin.

Elize Nel het op Maandag 1 Februarie verjaar en die volgende dag was dit Chrissie Roodt se beurt.

Retha Vermaak en Marizane Basson het op Vrydag 12 Februarie saam hul verjaar- dagkersies doodgeblaas.

Related Articles

Back to top button