NewsSchools

Waterbergskool vir CVO heropen op 1 Februarie

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle sal op Maandag 1 Februarie hul skooljaar hervat.

Die Pos het met Retha Prinsloo, skoolhoof, gesels oor wat vanjaar voorlê vir die gr. 12-leerders.

 

Luné Roux.

 

“Ons gr. 12-leerders is reeds sedert Dinsdag 12 Januarie hard aan die werk. Hoewel hulle die afgelope twee weke tuis was, het hulle daagliks afstandsonderrig via aanlynklasse ontvang,” het sy gesê. “Dit bly ’n uitdaging om op hierdie manier skool te hou. Al word tegnologie hóé goed ingespan, kan dit nie ’n onderwyser voor die klas vervang nie,” het sy gesê.

Volgens Prinsloo is daar vanjaar drie sterk gr. 12-kandidate en die vakpersoneel beoog om die volledige kurrikulum teen einde Julie af te handel.

Dit sal hulle voldoende tyd gun om deeglike hersiening te doen voordat hulle einde September die voorbereidingseksamen moet aflê.

 

Carmi le Roux.

 

Die finale eksamen se datums is nog nie bekendgemaak nie. Die Independant Examination Board (IEB) maak op Vrydag 19 Februarie onafhanklike- en privaat skole se matriekuitslae van 2020 bekend.

Die Waterbergskool wens hul matrieks, asook alle matrieks in Suid-Afrika, baie sterkte toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button