NewsSchools

‘Klein’ Nylies stap weg met kroon

Laerskool Nylstroom in Modimolle het op Donderdag 3 Desember hul jaarlikse prysuitdeling gehou.

Leerders is vir uitsonderlike prestasies bekroon. Herman Steyn van Die Pos het die foto’s geneem.

Isabella van Niekerk is vanjaar aangewys as die Dux-leerder. Sy het ’n gemiddelde persentasie van 96,4% behaal.

 

Jannes van Zyl het Limpopo-kleure in tennis verwerf. Leane van Deventer het haar onderskei in hokkie en het ook Limpopo-kleure verwerf.

 

Jesse-Dean Nortjé en Mienke Minnie het Limpopo-kleure vir hul atletiekprestasies verwerf. Hulle het ook die trofeë verwerf as beste seuns- en meisiesatleet van die jaar.

 

Related Articles

Back to top button