NewsSchools

Euphorbia vier hul bestes

Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Dinsdag 1 Desember hul jaarlikse prysuitdeling aangebied.

Leerders het vanjaar hul staal gewys ten spyte van die ontwrigte skooljaar weens die Covid-19-pandemie.

Wynand Schalekamp, vanjaar se hoofseun, is aangewys as Dux-leerder van die jaar. Hy was ’n kranige sportman en het ook aan verskeie kultuuraktiwiteite deelgeneem.

 

Mia Botha is aangewys as die redenaaruitblinker van die jaar, senior Victrix Ludorum, beste senior baanatleet, asook die toppresteerder in akademie in gr. 4.

 

Ané Pretorius, hoofmeisie van 2020, is aangewys as senior redenaar van die jaar.

 

Waldo Hoffmann is aangewys as senior Victor Ludorum van die jaar.

 

Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Dinsdag 1 Desember hul jaarlikse prysuitdeling gehou. Die laerskool se nuwe leiers is by die geleentheid aangekondig. Lian Pretorius (hoofseun) en Lené de Bruin (hoofmeisie) sal in 2021 die voortou neem.

Related Articles

Back to top button