NewsSchools

Kyk hoe mooi het die Hansies geskitter!

Hoewel vanjaar baie struikelblokke vir skole ingehou het, is die matrieks van Hoërskool Hans Strijdom op Maandag 2 November op “A night in Africa” getrakteer.

Marita Louw (onderwyser) en haar komitee van onderwysers, ouers en gr.11-leerders het, in samewerking met Intulo Lodge net buite Mookgophong (wat hul geriewe gratis aan die skool beskikbaar gestel het) vir die matrieks ’n spogmatriekafskeid gehou.

 

Lindo Mohlake was uitgevat in ’n deftige uitrusting en sy vriendin en metgesel, Cindy Maja, het soos ’n model gelyk met haar pragtige aandrok wat met kralewerk afgerond is.

 

Abbi van der Walt en Diaan (Os) Pienaar was die toonbeeld van elegansie. Die jong vriende het goue herinneringe van hul skooldae.

 

Soos jong adellikes het Gideon Treurnich en Carla van der Merwe in hul deftige koningsblou uitrustings by die matriekafskeid gearriveer.

 

Jan-Hendrik Ebersöhn en JuanCarlo Del Frate het as vriende saam die einde van hul skoolloopbaan gevier.

 

Johann Marais en Micke Hofmeyr het hul afskeid baie geniet. Johann het ’n modieuse blou pak gedra en die pragtige Micke se nousluitende sjampanjekleurige rok het haar skraal liggaamsbou perfek gevlei.

 

Pieta van Rooyen en Carla van der Walt in hul deftige swart aanduitrustings het gelyk asof hulle van die modeblaaie van ’n glanstydskrif stap. Hulle het hul dank uitgespreek teenoor die organiseerders om vir hul ’n besondere geleentheid te reël om hul skoolloopbaan af te sluit.

 

Donkerblou is ’n baie gewilde modekleur hierdie seisoen en Charlize Mõller het haar droomrok met flair gedra. Die trotse jongman aan haar sy is Ruan Nel.

 

Duncan Viviers het ’n klassieke donker pak met ’n moderne ligte onderbaadjie gedra en sy metgesel, Kimmy Cawood, het behoorlik die koppe laat draai in haar spookasempienk rok met pragtige detail op die bostuk.

 

’n Uur lange kragonderbreking kon nie eens die geesdrif of glans demp nie.

In sy afskeidsboodskap het Rinus de Jager, skoolhoof, gesê: “Die matrieks van 2020 sal onthou word as ware Hansies wie se blou vlammetjies hoog gebrand het. Julle is ’n besondere groep leerders wat baie uitdagings getrotseer het. Hoërskool Hans Strijdom groet julle en wens elkeen net die beste vir die toekoms toe.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button