NewsSchools

Warries groet skoolbanke

Hoërskool Warmbad het — soos talle ander skole landwyd — weens die Covid-19-pandemie nie vanjaar ’n formele matriekafskeid aangebied nie.

’n Groep leerders en ouers het nietemin besluit om tog ’n spesiale privaat geleentheid aan te bied waar die leerders met hul mooiste vere kon spog.

Die geleentheid is op Saterdag 10 Otkober by die pragtige New Beginnings buite Bela-Bela aangebied.

Anita de Sousa, ’n Warrie-matrikulant, met ’n pragtige nousluitende ontwerpersrok saam met Christian Naudé (’n oud-Warrie) wat haar vergesel het.

 

Tanya Dodd het soos ’n feëprinses gelyk met haar pragtige groen romp en bostuk wat met ragfyn goue draad versier was. Gerdian Potgieter was deftig in ’n donker pak geklee.

 

Henrique Huisamen in ’n driestukaandpak saam met Zonica van Niekerk.

 

Rudie Storbeck van Bela-Bela in ’n deftige donker pak met sy mooi metgesel, Megan Smith, in ’n pragtige aandrok.

 

Walter Wesselman van Bela-Bela het die pragtige Warrie, Robyn Brooker, vergesel na die geleentheid om die einde van haar skoolloopbaan te vier. Robyn het ’n sagte vloeiende wit kantskepping oor ’n sjampanjekleurige voering gedra.

 

Anri du Preez was droommooi in haar balrok in twee kleure. Anri is ’n matrikulant van Hoërskool Warmbad. Jeandré Ahlers van Modimolle was haar metgesel.

 

Clarissa Strydom het ’n pragtige sagte groen balrok met halternekbandjies gedra. Haar metgesel was André Diedericks wat self baie deftig gelyk het in ’n grys onderbaadjie met swart omboorsel.

 

Die oud-Warrie JD Fourie het behoorlik gespog met die mooi meisie aan sy sy tydens die glansdinee op Saterdag 10 Oktober om die einde van Liza-Mari du Plooy se skooljare te vier. Lize-Mari het ’n klassieke balrok met ’n hartjie halslyn gedra.

 

Jessica Carr het baie elegant gelyk in ’n silwerkleurige aandrok wat tot op die soomlyn met blinkers borduur was. Die jongman wat haar vergesel het na die deftige geleentheid is Jan-Hendrik Vorster.

 

Rinus Jacobs en sy metgesel, Izanne van Schoor van Bela-Bela, het vir seker die oog gevang in hul treffende swart-en-rooi uitrustings. ‘n Paar matrieks het op Saterdag 10 Oktober ‘n spesiale matriekgeleentheid by ‘n spogvenue buite die dorp bygewoon en hulle skoolloopbane in styl afgesluit. Foto: Lemon Leaf Photography

Related Articles

Back to top button