NewsSchools

Nylies skitter op hul mooiste spogdag

Die 2020-matriekklas van Hoërskool Nylstroom het op Vrydag 16 Oktober op glansryke wyse afskeid geneem van hul skool en hul kinderdae.

Die geleentheid is by Weesgerus-vakansieoord net buite Modimolle gehou.

Herman Steyn van Die Pos was daar om dié geleentheid op film vas te lê.

Die glanspaartjie wat so tiekiedraai is Dezé- Lané Labuschagne met ’n baie vleiende smaraggroen balrok en Michael van der Bergh wat self baie spoggerig is met sy liggroen baadjie en donker groen das.

 

’n Pragtige jong paartjie wat met klassieke eenvoud ’n wen kombinasie aangehad het. Tjaart du Plessis het ’n donker pak aangehad met ’n windmakerige rooi das. Sy metgesel, Sanet Basson, het ’n elegante rooi na goud ombre-effek rok aangehad wat perfek die klem gelê het op haar bandjie stiletto sandale wat onder die soomlyn sigbaar was.

 

Die spreekwoord lui ’n oulap se rooi maak mooi. James Chauke in ’n modieuse donkerrooi pak met goue bykomstighede saam met sy metgesel, Kefalotse Ngubeni, in dieselfde kleur rooi elegante ontwerpersrok. Kefalotse se rok is afgewerk met goue omboorsel en is ’n tydlose skepping.

 

Gareth Nunes in sy modieuse ligblou geruite pak en Danél Niemann in haar sjiek donkergroen skepping met die syspleet op die linkerbeen was ’n treffende paartjie op die rooi tapyt.

 

Die matrieks, Gerhard Kotzee in ’n deftige donkerblou pak klere en sy pragtige metgesel, Alicia Oberholzer, het hul reeds by die aankoms gate uit geniet. Alicia se ligblou balrok het ragfyn borduurwerk op die bostuk.

 

Tyrone Mieklejohn het ’n deftige swart aandpak gedra en sy rooi hemp het perfek gepas by sy metgesel, Megan Jacobsohn, se treffende rooi halternek skepping.

 

Leander Sheppard en Louise Campher was ’n deftige paartjie by die glansryke geleentheid. Leander se onderbaadjie en koningsblou das het Louise se koningsblou uitrusting beklemtoon. Haar skepping was kort voor en agter was die langer soomlyn met detail omboor.

 

Erhard Breytenbach het met sy donker pak klere en grys das sy metgesel, Talia Nezar, met ’n droommooi sjampanjekleurige skepping met silwer kantwerk op die bostuk gekomplementeer.

 

Nog ’n rooi uitrusting wat die koppe laat draai het, was toe Zeke Coetzer in sy klassieke donkerpak saam met Suzelle le Roux die rooi tapyt betree het. Suzelle se meerminskepping het pragtige goue borduurwerk op die bostuk.

Related Articles

Back to top button