Home/News/Boekevat en kekkelbekke NewsSchools Boekevat en kekkelbekke Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers. October 26, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die gr. 3-leerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Vrydag 9 Oktober ’n nagmars op hul skoolterrein gehou as ’n fondsinsamelingsprojek. Die grade het teen mekaar meege- ding en dié klas met hul kostelike nagapie-maskers het skoonskip gemaak. Voor is Christiaan Jooste, Alex Thienpont en Janus Oosthuizen. In die middel staan Soné Crafford, Zanthé Versfeld, Elshé Bezuidenhout, Luzé Paul, Janie Stapelberg en Chanté van Rooyen. Agter staan hul onderwysers Zané Viviers en Bianca van Wyk. Foto: Herman Steyn Hoërskool Warmbad se personeel het op Vrydag 16 Oktober hul skoolhoof, Paul Liddle, op internasionale baasdag met ’n kruiwavrag vol lekkernye bederf. Dit was uit erkenning vir sy goeie leierskap vir die personeel en leerders. Die jaar 2020 was vir duisende matriekleerders ’n veeleisende jaar met baie teleurstelling. Een daarvan is dat baie skole nie vanjaar ’n amptelike matriekafskeid gehou het nie. Ouers, personeel en borge van Hoërskool Warmbad het juis in die lig daarvan besluit om op Vrydag 16 Oktober ’n swierige matriektee in die lapa by die skool aan te bied. Die matrieks se boodskap was om die ligdraers van die wêreld te word. Op die foto is Ger-dian Potgieter, Rinus Jacobs, Henrique Huisamen en Albert Groothof tydens die matriektee. At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! You can read the full story on our App. Download it here. October 26, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print