NewsSchools

Matriekafskeid: CVO-skool spog met hul mooiste matrieks

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Vrydag 18 September by die pragtige Metsi Metsi Lodge buite die dorp afskeid geneem van hul matriekklas van 2020.

Die tema van die aand was “Middeleeus”. Die matrieks het hul dank teenoor die personeel en ouers uitgespreek wat ondanks die Covid-19-pandemie steeds vir hulle ’n glansgeleentheid aangebied het. Foto’s: Herman Steyn

René Jooste in ’n droommooi turkoois skepping en Calbert Viviers met dieselfde kleur deftige onderbaadjie, arriveer op die rooi tapyt by die jaarlikse matriekafskeid.

 

Janu le Roux met sy spoggerige sportbaadjie is baie in sy noppies met sy pragtige metgesel, Mariska Kruger, wat ’n elegante geblomde balrok gedra het. Hulle het die matriekafskeid terdeë geniet.

 

Die spreekwoord sê nie verniet ’n oulap se rooi maak mooi nie! Simoné Engelbrecht het ’n elegante rooi mini met ’n vollengte deursigtige oorromp in dieselfde kleur gedra en haar aantreklike metgesel, Colin Boshoff, het haar uitrusting gekomplementeer met sy windmakerige rooi sydas en klassieke snit aandpak.

 

Die pragtige Zelmia Smit het soos ’n filmster gelyk in haar blou skepping wat haar blonde hare en gelaat gekomplementeer het. Die jongman aan haar sy, Cecil Botha, het spoggerig gelyk in ’n klassieke donker pak.

Related Articles

Back to top button