Die Covid-19-pandemie het nie die leerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle gestuit nie. Die skool se kultuurliefhebbers het 34 inskrywings vir literêre werk en 13 inskrywings vir beeldende kuns vir die CVO-skole se landwye kultuurkompetisie ingestuur.