NewsSchools

Op julle merke, gereed, eet!

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle se twee bobaaskokke kon ten spyte van die grendeltyd hul finale praktiese eksamen in gr. 12-gasvryheidstudies aflê.

Cecil Botha en Mariska Kruger kon elkeen twee gaste nooi om aan te sit vir ’n spesiale ete sodat hulle die bedieningsfase kon voltooi.

Dit het onder streng reëls plaasgevind. Die eksamen is opgestel deur die onafhanklike eksamenraad (IEB). Die twee leerders het voortreflike geregte voorgesit.

Die voorgereg was uitdagend en het bestaan uit tuisgemaakte blaardeeg, geroosterde beet, room en maaskaas, ’n balsamiese reduksie en is afgerond met roketslaai.

Gasvryheid is een van die vakke waarin leerders kan eksperimenteer en hul verbeelding vrye teuels gee sodat die gaste aan besonderse disse kan smul.

Related Articles

Back to top button