NewsSchools

Warrieleerders en -onnies hou Waterberg se naam hoog

Hoewel Limpopo (met ’n slaagsyfer van 73,2%) die swakste van al die provinsies in verlede jaar se matriekeksamen gevaar het, was daar tog distrikte, skole en leerders wat buitengewone prestasies behaal het.

Hierdie topleerders en -onderwysers in die Waterberg-distrik is op Vrydag 17 Januarie by Forever Resorts in Bela-Bela vir hul harde werk vereer. Hoërskool Warmbad se matrikulante en onderwysers het veral geskitter.

Die Warries het onderskeidelik die derde plek (Christiaan Vosloo) en vierde plek (Corné de Jonge) onder die Waterberg-distrik se toptien behaal.

 

Corné de Jonge, oudleerder van Hoërskool Warmbad is op Vrydag 17 Januarie as die vierde beste matriekleerder in die Waterberg-distrik aangewys en hy het ook vier vaktoekennings ontvang.

 

Corné is ook aangewys as die beste leerder in fisiese wetenskap, ingenieursgrafika en -ontwerp, rekeningkunde en wiskunde.

Die ander Warrie-matrikulante wat toekennings ontvang het, was Gabrielle Kansay (beste presteer in English Home Language), Zaheeda Saloojee (Afrikaans eerste addisionele taal) en Kayla du Pisani (toerisme).

Die Waterberg-distrik het ook twee van Hoërskool Warmbad se onderwysers, Francois du Plessis en Marion Verwey uitgesonder as die twee beste wiskunde onderwysers van dié distrik. Hulle spog met ’n wiskunde slaagsyfer van 96,8%.

Die topdrieprovinsies was die Vrystaat (met ’n slaagsyfer van 88,4%), Gauteng (87,2%) en Noordwes (86,8%).

Die toptiendistrikte in Limpopo wat die beste presteer het, was Vhembe-Oos (81,5%), Waterberg (81,4%), Vhembe-Wes (80%), Capricorn-Suid (75,3%), Mopani-Oos (72,4%), Capricorn-Noord (68,9%), Mogalakwena (68,6%), Sekhukhune-Suid (68,4%), Mopani-Wes (68%) en Sekhukhune-Oos (63%).

In die Waterberg-distrik het die Lephalale-kring die nommereenposisie ingeneem met die Thabazimbi-kring kort op hul hakke en Warmbad-kring in die derde plek. Palala-Suid was vierde, Modimolle vyfde, Vaalwater sesde, Mookgophong sewende, Palala-Noord agste en Dwaalboom negende.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button