NewsSchools

Twee onderskeidings vir Lesley

Lesley Maritz is die Waterbergskool vir CVO in Modimolle se toppresteerder tydens die afgelope matriekeksamen.

Lesley, wat verlede jaar hoofmeisie was, het twee onderskeidings behaal in wiskunde geletterdheid en Christelike lewensoriëntering.

Die skool het verlede jaar ses matriekleerders gehad.

Volgens die skoolhoof, Retha Prinsloo, volg die leerders van gr. 10-12 die onafhanklike eksamenraad (IEB) se kurrikulum. “Leerders word onderrig om met kritiese denke vraestelle te beantwoord. ’n Denkskuif word deel van die onderrigproses,” het sy gesê.

“Die Waterbergskool vir CVO was vir my ’n wonderlike ervaring en avontuur. Ek het geestelik en akademies gegroei. Ek was bevoorreg om as hoofmeisie te kon dien en hierdie geleentheid het my gehelp om my loopbaankeuse in die onderwys te maak,” het Lesley gesê.

Sy gaan onderwys aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Die Waterbergskool vir CVO vier vanjaar sy 25e bestaansjaar, wat ’n feesjaar by die skool gaan wees.

Related Articles

Back to top button