NewsSchools

Presteerders beloon vir harde werk

Laerskool Nylstroom het die skool se beste presteerders tydens ’n glansryke prysuitdelingsaand op Donderdag 21 November beloon.

Tiaan Steffen is aangewys as senior sportseun, Altus du Plessis as senior kultuurseun en Elandi van Staden as senior sportmeisie van Laerskool Nylstroom.

 

Dié vier leerders van Laerskool Nylstroom gaan aanstaande jaar die voortou by die skool neem. Wihan Bezuidenhout is onderhoofseun, Jannes van Zyl hoofseun, Marli Broodryk hoofmeisie en Isabella van Niekerk die onderhoofmeisie. By hulle staan Roelf Vorster, waarnemende hoof.

 

Laerskool Nylstroom se Dux-leerders is Erlu Fourie (gr. 5) en agter Suné de Jager (gr. 4), Altus du Plessis (gr. 7) en Isabella van Niekerk (gr. 6).

 

Paul du Plessis is aangewys as Laerskool Nylstroom se junior sport- en kultuurseun. Kayla van der Merwe is die junior sportmeisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button