NewsSchools

Leerders sien hoe span ‘renosterstropers’ aankeer

Om renosters uit die visier van stropers te hou, is nie ’n maklike taak nie.

Leerders van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Vrydag 25 Oktober tydens ’n renosterbewusmakingsveldtog by die skool ’n voorsmakie gekry van wat die terugvegpoging teen stropery behels.

Die organisasie Rhino Pride, wat omsien na weesrenosters en renosters wat in strooptogte beseer is, het aan die kinders vertel wat gedoen moet word om die diere te beskerm teen die stropery vir hul horings. Die organisasie het gewaarsku indien stropers nie gekeer word nie, die reeds bedreigde spesie binne ’n paar jaar kan uitsterf.

 

 

Secret Eye Surveillance, wat veiligheidsdienste bied, het ’n demonstrasie gelewer hoe hulle renosterstropers plattrek. ’n Man wat homself as ’n stroper voorgedoen het, het oor die skool se rugbyveld gehardloop. Hy is eers met ’n helikopter gejaag, waarna ’n lid van die veiligheidsdienste een van hul goedopgeleide honde losgelaat het om hom plat te trek en hy daarna geboei en in ’n vangwa gelaai is. Dié indrukwekkende vertoning het die leerders na hul asems laat snak. Die leerders het ook die kans gekry om twee bloedhonde wat vir spoorsnywerk gebruik word van nader te leer ken en die honde te streel.

’n Span van Working on Fire (WoF), wat veral dié tyd van die jaar ’n belangrike rol speel in die bestryding van brande, het hul vernuftige marsjeertalente ten toon gestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button