NewsSchools

Hansies spog met robotte

Die gebruik van robotte in die klaskamer word eersdaags vir die leerders van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong ’n werklikheid.

Die skool is gekies as een van die Skole Ondersteuningsentrum (SOS) se ankerskole. Die SOS werk onder die vaandel van Solidariteit en hul doel is om bystand en hulp te verleen in die onderrig van wiskunde en fisiese wetenskap vir senior leerders, asook natuurwetenskappe vir junior leerders.

Twee van die Hansie se onderwysers, Marita Louw en Shirley Campbell, het op Saterdag 19 Oktober die SOS se Robotika-seminaar bygewoon. Die seminaar se tema was “Ons skep hoop” en is in die Akademia-ouditorium in Centurion aangebied.

“Ons is trots daarop om te sê dat ons nou aan die Japie Robotika-vereniging van Suid-Afrika behoort. Hierdie vereniging is vernoem na dr. Japie van Zyl, ruimte-ingenieur en weten-
skaplike wat deel was van National Aeronautics and Space Administration (Nasa) se lansering van Insight (’n ruimtetuig wat op Mars is),” het Louw opgewonde gesê.

Van Zyl het ook regstreeks vanuit Amerika via Skype aan die seminaar deelgeneem.

“Ons sien daarna uit om dit wat ons geleer het aan die leerders oor te dra,” het Louw gesê. Sewe van die Ozobot Evo-robotte is deur ’n anonieme borg aan die skool geskenk. Celeste Labuschagne van SOS het op Maandag 28 Oktober vir Louw verdere opleiding by die skool aangebied.

Volgens Labuschagne, ’n voormalige wetenskaponderwyser wat nou voltyds by SOS werk, is die aanbieding baie visueel en sal dit leerders se belangstelling in die wetenskappe en wiskunde bevorder.

“Evo leer ons om begrippe soos snelheid, tyd en grafieke verstaan,” het Labuschagne gesê.

Die sewe robotte sal leerders help om wiskundige en wetenskaplike berekenings vinniger onder die knie te kry en leerders kan hulself ook toets met die robotte. Die klein robotte kan selfs praat, dans en heerlik lag.

“Die Ozobot Evo kan ook in ander vakke soos byvoorbeeld rekeningkunde aangewend word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button