NewsSchools

Laerskool-revue het die gehoor op hul voete

Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong het van 17-19 September hul langverwagte skoolrevue op die planke gebring.

Die skool pak hierdie projek elke drie jaar aan en baie maande se harde werk en toewyding het nou vrugte afgewerp. Leerders en personeellede het ewe hard gewerk aan hierdie groot gebeurtenis.

Vanjaar se tema was “Mickey reis deur Broadway”. Volgens Marietjie van Niekerk, onderwyser en teksskrywer, was Mickey en Minnie Muis verveeld en toe gaan krap hulle in die verbode filmprojektorkamer rond. Daar druk Mickey per ongeluk ’n knoppie en die twee beland in Broadway en gaan op ’n uitgebreide reis deur talle filmstelle.

Gr.RR- tot gr.7-leerders verteenwoordig verskillende films en die muise ontdek ’n nare kat, Sneeuwitjie, vir Tarzan en ’n hele aantal wilde diere. Op hulle reis kom hulle ook cowboys, die Phantom en vir Mary Poppens teë. Hulle eindig terug onder die skoolverhoog waar hulle familie al jare woon.

“Die kleurvolle kostuums, storielyn en kreatiewe danspassies het feitlik elke aand vol sale gelok en was beslis ’n hoogtepunt op die skoolkalender,” het Van Niekerk gesê.

Related Articles

Back to top button