NewsSchools

Wees jouself, want jy is uniek

Die meisies van Hoërskool Hans Strijdom se verteenwoordigende leerderraad (VLR) se jaarlikse ma- en dogteraand was weer ’n genotvolle geleentheid.

Die byeenkoms is op Dinsdag 23 Julie in die skoolsaal aangebied. Marita Louw, onderwyser en organiseerder, het in samewerking met die meisies en hul ouers gesorg vir ’n spoggeleentheid. Selfs gaste wat nie direk by die skool betrokke is nie, het aan Die Pos gesê dat hierdie ’n heerlike geleentheid was.

Die tema van die aand was “Wees jouself … jy is uniek.” Die sprankelende jong skrywer en advokaat van Pretoria, Bernette Bergenthuin (31), was die spreker. Sy het die sowat 200 gaste vasgenael gehou met haar besondere boodskap en die jongmense gemotiveer om hul uniekheid te omarm.

Volgens Bergenthuin is sy nie ’n motiveringspreker nie, maar wil sy eerder haar lewenservaring met die jeug deel om hulle beter toe te rus vir die lewe.

Bergenthuin se agtste boek het pas verskyn. Sy sê hoewel haar werkskedule baie druk is, sal sy altyd tyd maak om te skryf.

“Ons het dit terdeë geniet om na Bernette te luister en die tafels was feestelik gedek,” het een van die gaste na afloop van die aand aan Die Pos gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button