NewsSchools

Slimkoppe dring deur na derde ronde

Die “Willestyne” van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het hulle nie laat vasvra tydens ’n Bybelkenniseksamen nie.

Leerders van dié skool neem jaarliks aan die BCVO se Bybelkenniseksamen deel. Al die leerders, wat individueel of as spanne kan inskryf, neem aan die eerste ronde deel. Die presteerders dring dan deur na die tweede ronde en slegs die topvier- presteerders in elke graad per streek word genooi na die derde en finale ronde.

Die Willestyne-span, wat bestaan uit die gr. 11-leerders Colin Boshoff, Jano le Roux, Liam Murray en Marione van Rooyen is na die derde ronde genooi.

Ander presteerders in die eksamen was Die Rigters (Rene Jooste en Lizandri van Rooyen) wat 78% behaal het en die Farao se Towenaar-span (Carmi le Roux, Willie van Rooyen, Nico Janse van Rensburg en Adriaan Roets) wat 74,5% behaal het.

Related Articles

Back to top button